Tuisblad

Jerlings

Stamboom

Fotoblad

Immigrasie

Kiwidinge

Stokperdjies

Waar kry

Skakels

Kontak

Jerling.virafrikaans.com

Waar kry ons • Where do we find

 

 

Wairarapa kuslyn © M & A Jerling, 2007

So, met trek na ’n nuwe land is daar natuurlik heelwat produkte en dienste waaraan mens gewoont is en, nou, in ’n nuwe land is dit baie moeilik as mens geen idee het waar om hierdie betrokke diens of produk te vind nie. Soms, weet mens nie eens wat die produk hier genoem word nie – vreemde handelsname en so meer.

 

Hier is my kontakte lys vir spesifieke “goeters” wat ek van tyd tot tyd benodig. (Ja, ek weet party van die dinge is nie iets wat die gemiddelde persoon gereeld nodig kry nie, maar dis my lys!)

 

Marmite, Snoek, Peck’s Anchovette, Platespeler bande, Riempies, Rusist, Woodoc, juweliersware masjienerie en benodighede, 1950’s Ford parte, Landrover Discovery parte.

 

Marmite

Wat die Kiwi’s as Marmite ken, is nie Marmite nie. Die plaaslike vervaardiger, Sanitarium, besit die regte tot die produk naam, maar hul produk is… Probeer dit self, jy sal gou sien wat ek bedoel! Gelukkig, verkoop Woolworths die regte Marmite, maar omdat Sanitarium die Marmite naam besit word die regte Marmite iets anders genoem. Dis reg, jy moet vra vir “Our Mate”

Terug na bo

 

Snoek

Wat ons as Snoek ken, ken die Kiwi’s as Barracouta. Die meeste vissermanne gooi snoek terug of gebruik dit vir aas want dit word nie hier as n geskikte vis vir menslike gebruik gesien nie. Trouens, die meeste Kiwi’s wat ek al tee gekom het dink Suid Afrikaners is mal om die goed te eet! Snoek, of te wel Barracouta, het ook wurms hier, soos in Suid Afrikaanse waters, so kan net tydens die maande sonder n “R” ge-eet word. (Mei, Junie, Julie en Augustus)

Terug na bo

 

Peck’s Anchovette

Dis maklik: Woolworths verkoop dit, en hope ander Suid Afrikaanse produkte in die Internationale Kos afdeling.

Terug na bo

 

Platespeler (Draaitafel) bande (belts)

Tradetech New Zealand Ltd. verkoop dit. Stuur vir hulle jou ou gerekte een, en hulle sal vir jou die regte een stuur. Hul kontak besonderhede is: 14A Vega Place, Mairangi Bay, Industrial Estate, Auckland. Tel. 0800-650-368 (09)478-2323

Terug na bo

 

Riempies vir riempie stoele

Kontak my by mark@jerling.virafrikaans.com

 Niemand ken dit hier nie, Die New Zealand leer is nie geskik nie – hulle gebruik ander leer bereidings metodes as Suid Afrika. Maar ek neem bestellings. Laat weet my hoeveel meter jy benodig.

Terug na bo

 

Rusist

Dis nou daardie melkerige sop wat eers pers dan blou raak en uiteindelik swart droog word, nadat dit die roes (op staal / yster) geneutraliseer het. Die plaaslike produk is Tergo Blackguard Rust Converter & Primer for Ferrous Metals. Kontak Tergo by 0800 TERGO I (0800-837464) vir jou naaste verskaffer.

Terug na bo

 

Woodoc

KVH Holdings Ltd. verkoop dit. Kontak John by kvhhl@xtra.co.nz vir n lys van verskaffers in jou area – of bestel direk van hom. My persoonlike gunsteling is Woodoc 10 – vir meubel restorasie is dit n puik produk!

Terug na bo

 

Juweliersware masjienerie en benodighede

Warburtons Ltd. verkoop dit. Gaan besoek gerus hul webwerf: http://www.warburtons.co.nz/

Terug na bo

 

1950’s Ford parte

Nie veel plaaslik nie. Maar van die VSA is daar hope beskikbaar.

Bakwerk parte: http://www.emsautomotive.com/

Enjin en ander onderdele: http://www.dennis-carpenter.com/

VSA 1957 Ford webwerf: http://www.1957ford.com/

NZ 1957 Ford webwerf: http://www.1957ford.co.nz/

Terug na bo

 

Landrover Discovery parte

Southern 4wd Ltd. is puik vir tweedehandse parte. Kontak Ross Sutherland Southern4wd@xtra.co.nz of 58 Lismore Street, Christchurch. Ph 03-365 2989

Terug na bo

 

English content to follow.

© M & A Jerling, 2007

 

 

 

© M & A Jerling, 2007