Mark se kommentaar oor
Imigrasie en so meer….
Fynskrif:
Hierdie is my persoonlike kommentaar. Ek is nie n Emigrasie consultant nie. Ek
werk ook nie vir die regering nie. DUS, alle inligting hier moet nagegaan
word by die onderskye regerings departemente. Wetgewing verander die hele tyd
– so van hierdie inligting is miskien nie meer van toepassing nie.
PASOP!: 1
ALGEMEEN: 1
HOEKOM NEW ZEALAND?. 1
MET OF SONDER MEUBELS EN ANDER
BESITTINGS?. 2
DINGE OM TE DOEN VOORDAT JY
VERTREK: 2
NEW ZEALAND EMIGRASIE SKAKELS: 3
PASOP!:
Deesdae,
word ons al hoe meer bewus van mense wat behoorlik ingeloop word deur sogenaamde
‘Immigrasie Konsultante’. Hierdie is n vriendelike waarskuwing: Pasop vir
hierdie mense. Jy vind hulle in beide Suid Afrika sowel as New Zealand.
Hulle sal vir jou die mees rooskleurige prentjie skilder, en vir net so n
klompie duisend van jou geld sal hulle jou ‘help’ met die ‘vreeslike moelike’
emigrasie proses, wat nog nie te sê van al die vreeslik moelike forms wat jy
moet invul nie. Hulle sal dit vir jou doen – moenie worrie nie. En werk soek!
Geen probleem, hulle ken al die werksagente. Sal ook sommer vir jou verblyf
reel vir jou eerste paar weke in New Zealand, sommer n motor ook
verskaf. Soos jy nou seker al kan
raai het ek al talle weergawes van dieselfde strorie gehoor. Moenie later vir
my vertel ek het jou nie gewaarsku nie.
Storie no. 1: “Jy moet die NZQA Assessment laat doen!” Emigrasie konsultant in die RSA
vra jou duisende om die ‘hoogs belangrike’ NZQA Assessment te laat doen. As
dit wel nodig is vir jou beroep, doen dit self en spaar n fortuin. http://www.nzqa.org.nz/ Die fooi is
huidiglik (Mei 2007) NZ$450. Dis ongeveer ZAR2,250. Ek het nou al van mense
gehoor wat meer as R20,000 vir hierdie diens betaal het, natuurlik met behulp
van n ‘vriendelike’ Immigrasie Konsultant.
Storie no. 2: “Kom sommer oor op n besoekers
Visa” (Gaan gereeld aan die
hand met Storie no. 1.) Jy sal glo verskriklik maklik die perfekte werk
los-slaan, sommer so met die intrapslag, en dit sonder die nodige werks-visa
or PR. (Permanent Residence) Gaan lees asseblief, groot asseblief, reuse
asseblief, alles by die http://www.immigration.govt.nz
webwerf. Dis nie so maklik om werk te kry sonder die nodige papierwerk nie.
En, nog erger: Dalk kry jy werk maar kwalifiseer nie vir PR nie. Intussen is
al jou besittings reeds iewers op n boot en jy’s onder die indruk die New
Zealanders gaan jou met ope arms ontvang. Lees alles op die Immigration
webwerf. Doen die ‘On-line Points Calculator’
Storie no. 3: “Al die immigrasie forms is
vreeslik moeilik om in te vul. As jy EEN foutjie maak, verloor jy dalk die kans om goedgekeur te
word. Ons maatskappy sal dit vir jou uitsorteer vir n stewige fooi!”
Doen asseblief tog net die “Online Points Calculator” en die “Online
Expression of Interest” dele van die webwerf. Webwerf aansoeke is in elk
geval maklik genoeg vir enige een om self te doen – moet net nie lieg nie.
Terug na bo
ALGEMEEN:
Eerstens, Imigrasie is n persoonlike besluit. Niemand kan presiese redes gee
hoekom of hoekom nie. Wat ons well onder ons vriende sien is dat, wanneer
daar eers kinders is, die besluit om na n veiliger omgewing te verhuis
skielik meer belangrik word. Almal wil mos maar die beste vir hul kinders
bied, en uiteraard word emigrasie dan oorweeg, hetsy vir veiligheids redes,
skool en na-skoolse studie moontlikhede en dan natuurlik ook vooruitsigte wat
betref werksgeleenthede, lewenskwaliteit en so meer.
Dit is
beslis n groot skuif, en nie een wat ligtelik geneem word nie. Dit is ook nie
iets wat mens sou kon vermag het as jy nie die ondersteuning van jou beter
helfte het nie. Dit is iets waaroor mens saam moet besluit, en hier vind
families met ouer kinders dit moeilik. Dikwels wil (hoërskool) kinders nie
saam met hul ouers emigreer nie. Uiteraard is dit vir hulle baie moeilik om
vriende vaarwel te roep. Dit is dus vir die meeste mense makliker om te
emigreer wanneer hulle kinders nog nie skoolgereed is nie, of op laerskool
is. Dit sou natuurlik makliker wees om te emigreer voor daar kinders in n
verhouding is, maar soos bo genoem, is die gedagte aan emigreer minder
belangrik voordat daar kinders en hul toekoms is om aan te dink.
Terug na bo
HOEKOM NEW ZEALAND?
New Zealand werk met n eenvoudige
puntestelsel. Die aansoek is redelik eenvoudig, maar ons het nogtans besluit
om van n Emigrasie Agentskap gebruik te maak. Van ons vriende het egter die
aansoek self behartig en ook goed reg gekom. Ek weet egter wel van mense wat
self hul aansoek vir emigrasie na Australie self behartig het en nie geslaag
het nie, juis omdat die aansoek nie korrek ingevul en/of ingedien was nie.
Vir die rede wou ons eerder nie n kans
vat nie. New Zealand
laat wel potensieële emigrante toe bloot as besoekers, waar n werkspermit dan
bekom kan
word mits die aansoeker n werks-aanbod kan
kry. Indien die aansoeker dan wel die werk het kan hy/sy dan van hier af aansoek doen vir
“Permanent Residence”. Ons het
natuurlik eers oorgekom nadat ons reeds ons “Permanent Residence Visa” gekry
het. Die voordeel vir ons daaruit was dat ons maklik werk gekry het in dat
die meeste besighede gemakliker voel om mense in diens te neem wat wel reeds
die nodige papiere het. Ek moet egter noem dat die benadering beslis afhang van die tipe werk,
beroepsrigting en so meer.
New Zealand en Australie laat dan
ook lands burgers toe om oor en weer te reis, en sonder probleme in die
onderskeie lande te woon en werk. Dit wil sê, sou ons besluit om eerder in
Australie te woon en werk, sal ons dit as New Zealand burgers kan doen. Ons verneem
dat somige Suid Afrikaners wel New Zealand toe emigreer, juis om
in Australie te vestig. Sal ons dit doen? Dis hoogs onwaarskynlik. Op hierdie
stadium is ons heel gelukkig in New Zealand. Maar die tyd sal
leer!
Terug
na bo
MET OF SONDER MEUBELS EN
ANDER BESITTINGS?
Hierdie
trek is natuurlik n duur storie. Die gemiddelde 3 slaapkamer huis se inhoud
pas gemaklik in n ses meter skeeps-houer. (Shipping Container) Ons het n
twaalf meter skeeps-houer nodig gehad, omdat ons al ons meubels en ook n
motor verskeep het. Ons ondervinding is dat mens se persoonlike besittings
die trekkery meer draaglik maak. Ons het natuulik baie ou goed, wat moeilik
vervangbaar is. Heel party emigrante verkies dan ook om net persoonlike
besittings, soos n paar ornamente, fotos en ander meer belangrike persoonlike
dinge te verskeep, maar eerder nuwe meubels hier aan te skaf. Dit is maar n
persoonlike keuse. Maar, onthou, n eenvoudige item soos n goeie dubbel bed
kos hier tussen $1500 en $4000. n Sitkamer stel minstens $3000. So om alles
nuut hier aan te skaf is ook maar duur. Weeg maar self op watter opsie die
beste uitwerk. Daar is natuurlik verskeie opsies met die trekkery. Die groot
meubel vervoerders bied pakette aan wat verskillende dienste insluit; van net
die verskeping, tot pak, versekering, verskeping, uitpak en aflewering. Doen
maar die moeite om n hele paar kwotasies te kry. Daar is dn ook basies 2
verskillende soorte versekering: Die eerste se koste beloop ongeveer 1% van
die waarde: Dit is “Totale Verlies” versekering, m.a.w. hulle betaal slegs
uit indien die hele houer verlore raak. Die tweede opsie is Alle risiko: Dit
kos ongeveer 3% van die waarde. Werk maar self uit watter opsie beter is.
Verpakking is uiters belangrik. Na my mening was ons breekware nie goed
genoeg gepak nie, en ons het n hele paar gebreekte goedere gehad. Die
grootste probleem was dat hulle te veel breekware saam in een groot
kartondoos gepak het. Kleiner, stewiger bokse sou veel beter gewerk het. Wees
ook baie versigtig met geraamde kuns, veral rame met glas. Die beste sou wees
om die hele lot saam in n krat te pak, individueel verpak natuurlik, maar
beslis nie een-een los nie. So is n hele paar van ons prente beskadig.
Terug
na bo
DINGE OM
TE DOEN VOORDAT JY VERTREK:
Daar is n
paar dinge – party het ons van geweet , ander nie – wat jou lewe kan vergemaklik:
- Kanseleer
ALLE debiet orders, direkte betalings en so meer TEN MINSTE drie
maande voor jou vertrek. So het jy dan genoeg tyd om te baklie met die
bank en die maatskappye wat steeds aftrekkings maak nadat die debiet
orders gekanseleer is. Dit is baie moeiliker om hierdie tipe probleme
van hier af op te los. Betaal eenvoudig alle uitgawes per tjek in die
laaste drie maande. Ek sou self so ver gaan om te sê: Maak jou bank
rekening toe, en maak n nuwe een oop by n ander bank. Dan is jy seker
daar is geen uitstaande sake nie.
- Maak
seker dat almal waarmee jy besigheid doen weet dat hulle uitstaande
rekenings moet indien vir betaling voor n afsluit datum. Dit is veral
belangrik met laaste betalings vir eiendoms belasting, diensgelde en so
meer. Maak jou ook gerus reg vir n bakleiery met die munisipaliteit en
die telefoon maatskappy.
- Onthou
om jou belasting sake in orde te kry voordat jy vertrek.
Terug
na bo
NEW ZEALAND EMIGRASIE SKAKELS:
Die New
Zealand regering het al die inligting op hul webwerf, http://www.immigration.govt.nz
Alle informasie sowel as die nodige forms is op die webwerf beskikbaar. My
raad is gaan lees die hele lotjie sorgvuldig deur, en bepaal so watter van
die opsies vir jou beskikbaar is. Vir New Zealand burgerskap
informasie, kyk by http://www.dia.govt.nz
Die Suid
Afrikaanse regering het in September 2004 hul wetgewing oor veelvuldige
burgerskap verander. Meer daaroor by http://home-affairs.pwv.gov.za/media_releases.asp?id=188
Veelvuldige burgerskap is nou moontlik, maar indien jy wel die burgerskap van
n ander land het meot jy steeds Suid Afrika binnegaan of verlaat op jou SA
paspoort. Hou dus maar jou SA Paspoort geldig – tensy jy besluit om jou
burgerskap prys te gee. Dit is ook steeds belangrik dat jy, indien oor 21
jaar oud, steeds eers aansoek doen vir veelvuldige burgerskap, voordat jy die
burgerskap van ‘n ander land aanneem.
Terug
na bo
|
I’m often asked about dual citizenship: New Zealand
does not have any restrictions to dual citizenship; South Africa
does! I’ve copied the following information from the South
African High Commission’s website, http://www.sahc.org.au/citizenship/Dual_Citizenship.htm
, here:
Dual South African Citizenship
The Citizenship Act, (Act 88 of 1995),
affected on 6 October 1995,
provides for retention of South African citizenship PRIOR to
acquisition of a foreign citizenship. A condition of attaining dual
citizenship for all South African citizens aged twenty-one (21) years or
older is that they must apply and be granted
permission to retain South African citizenship prior
to the acquisition of a foreign citizenship. Once granted, the holder must
always enter and leave South Africa on their valid South
African passport.
If a South African citizen does not obtain
this prior permission they will automatically loose their
South African citizenship on voluntary acquisition of a foreign citizenship.
South African citizens under the age of
twenty-one (21) years are exempt and do not
require permission as long as they acquire the foreign citizenship before
their twenty-first (21st) birthday. They automatically retain their South
African citizenship for life unless; once they have reached the age of 21 and
they then wish to acquire a further foreign citizenship.
They will then have to apply for prior permission to retain
their South African citizenship - failing to do so, they will automatically
loose their South African citizenship.
Changes to the Citizenship Act have
abolished the need of having certificates giving permission to hold a foreign
passport. Previously these certificates had to be renewed every five (5)
years. Now that they have been abolished, you do not need to renew these
certificates.
Please note that in terms of the South
African Citizenship Amendment Act of 2004 (Act 17 of 2004), which came into
effect on 15 September 2004, it is now an offence for a major (aged
twenty-one (21) years or older) South African citizen to enter
or depart the Republic of South Africa making use of the
passport of another country. Furthermore, it will also be an offence for such
a citizen, whilst in the Republic
of South Africa, to use
his or her foreign citizenship or nationality to gain an advantage or to
avoid a responsibility or duty.
In essence the 2004 Amendment to the
legislation provides that a South African dual citizen can use his or her
foreign passport/citizenship/nationality freely outside South Africa.
However, in South Africa,
he/she may not use his or her foreign citizenship to gain an
advantage or to avoid a responsibility or duty, which he or she as a South
African citizen would otherwise have or have not been entitled or subjected
to.
It should be mentioned that South African
citizens who automatically lost their South African citizenship never loose
their right to Permanent Residence in South Africa. Should they
permanently return to South
Africa, they will be able to apply for the
resumption of their South African citizenship from within the Country.
(Copied from the South African High
Commission’s website.)
Back to top
|